Jana Fourie
Skrywer, digter, dromer …
Ek vat die real in realiteit en omskep dit in verhale om my eie sanity te behou.

My storie
Ek is Jana, lekker om jou te ontmoet!
Ek is in Vereeniging gebore, het in Pietersburg skoolgegaan en woon al jare lank in Pretoria.
My debuut, ’n kortverhaalbundel met die titel Grenslyn, het in Oktober 2024 by Turksvy Publikasies verskyn. Drie van my gedigte is in die 2023-Inkspraak-bundel opgeneem. Voorts skryf ek maandeliks ’n rubriek vir die aanlyn tydskrif, Naskrif. Gaan loer gerus: Jy sal nie spyt wees nie!
Ek het, ná my loopbaan as bestuurder van koshuis-aangeleenthede aan die Universiteit van Pretoria, besef dat ek liewer die korporatiewe lewe wil verruil vir kreatiewe skryfwerk en dié passie voltyds najaag. Op my oudag wil ek graag onthou word as ’n skrywer van formaat!
Ek hoop om in die nabye toekoms êrens tussen die berge op ’n klein dorpie (verkieslik in die mooie Kaap) saam met my een beter-helfte en al my beste helftes (my diere … en ek het baie!) te gaan woon. Ek is van nature ’n introvert, maar sal vinnig uit my kassie klim wanneer ek omring word deur skerp, intelligente en saggeaarde mense wat die humor in die lewe raaksien.
My sterkpunte? Ek gym baie hard, maak lekker koffie en neem pugs aan.
My swakpunte? Ek bestuur te vinnig en drink nie genoeg water nie.
Jana Fourie
skrywer, digter, dromer
(moewiese pug-liefhebber)

Grenslyn
Turksvy Publikasies - 2024
Grenslyn bied episodes uit die lewensverhaal van ‘n anonieme ek-verteller, Vroumens … oor haar huwelike, ook haar traumatiese kinderdae weens haar pa se alkoholisme.
As volwassene word sy gediagnoseer met grensgeval-persoonlikheidsversteuring wat die konteks skep waarin die hoofkarakter se weergawe van gebeure van gebeure verstaan moet word.

Uit my pen
Hier deel ek my gedagtes, stories en idees – ’n oop ruimte vir kreatiwiteit, verkenning en verbinding. Of dit nou ’n stukkie inspirasie, ’n kykie in my skryfproses, of bloot oorpeinsings oor die lewe is, ek hoop jy vind iets hier wat met jou resoneer. Kom ons reis saam deur die krag van woorde!

"If there's a book that you want to read, but it hasn't been written yet, then you must write it."
- Toni Morrison

© Jana Fourie | Alle regte voorbehou | Webwerf ontwerp deur Creative Partner