Uit my pen
Welkom by my blog. Hier kry woorde die hoofrol. Dit is my ruimte om gedagtes, stories en idees te deel wat inspireer, uitdaag en verbind. Of jy nou hier is vir kreatiewe gedagtes, opregte refleksies, of ’n vars perspektief, ek hoop jy vind iets wat met jou resoneer.
Maak ’n koppie koffie, maak dit gemaklik, en sluit aan by my op hierdie reis deur die geskrewe woord.
Troebel psige en perde in pakkende debuut
Joan Hambidge het ‘n nuwe Afrikaanse roman met eggo’s van Hitchcock gelees.
Weet – Jana Fourie (kopiereg)
Wanneer die son in die weste se boesem in sink
en skemer vir donker duisternis wink
Wanneer die swaeltjies die lig in hul neste wegknoop
dan breek my hart weer die vroegnag oop
Alwyne vir Ouma – Jana Fourie (kopiereg)
Ek het vandag vir ouma
wilde alwyne geplant
In die woeste tussen rotse
waar die son sy blase brand
Sekelmaan – Jana Fourie (kopiereg)
Ek het jou skelm ontmoet
binne die sny van die sekelmaan
en met my asem vir die aandster gefluister
om tjoepstil te bly
Onder `n kalkoen uitgebroei
So net voor herfs-tyd die jaar het ek `n kalkoen persent gekry by die buurman wat langs ons gehuur het – hy kon nie sy huur betaal nie en was vriendelik versoek om so spoedig as moontlik ander heenkome te vind.
Woes in die woestyn
Dis nou nie `n plek wat op meeste van ons se emmer-skop-lys is om te wil besoek nie. Ons soek mos die groen weivelde, die goue strande, die pina-colada met twee sambreeltjies in dankie, saam met die see wat ons na al die mengel-drankies bed toe neurie.
"I can shake off everything as I write; my sorrows disappear, my courage is reborn."
- Anne Frank
Jana Fourie
© Jana Fourie | Alle regte voorbehou | Webwerf ontwerp deur Creative Partner





