Ek het jou skelm ontmoet
binne die sny
van die sekelmaan
en met my asem vir die aandster gefluister
om tjoepstil te bly
en die duisternis vertrou
om sy donkerte oor ons geheim te vou
Net daar onder die skyn van die volmaan groot
daar het ek het my siel sonder skaamte
ontbloot
en al die verlate kraters en krake
van my naaktheid vir jou gewys
maar die donkermaan het in jou pupille eklips
en die doodsengel se vlerke het oor jou skouers gevou
en jou mond het die sekelmaan geword
en stadig
my siel
in verskietende sterre gekerwe
