Weet – Jana Fourie (kopiereg)

Wanneer die son in die weste se boesem in sink

en skemer vir donker duisternis wink

Wanneer die swaeltjies die lig in hul neste wegknoop

dan breek my hart weer die vroegnag oop

Is ek al een wat nog hier asemhaal

op die droewige roep van `n ou tarentaal

In Grys-grou vere, gespikkel met wit

soos die sterre wat wink in die hemeruim sit

Dis dan wat ek mymer oor jou lyf in middernag

daar waar onthou in die skewe skaduwees wag

Want die son het treurend in die abyss verdwyn

maar weet het saam met die aandster verskyn

Weet dat die nag nie donker sal wees nie

weet dat die maan ons pad sal verlig

Weet dat die oggend nie lank sal draal nie

weet dat ons oe die dagbreek sal sig

Beminde van my wat in die agter-nag bly

daar waar die skimme en geeste gedy

Gooi die aandgrou se skadus van jou kaalste lyf af

en kom dans saam met my in die volmaan se lag

Jana Fourie

© Jana Fourie | Alle regte voorbehou | Webwerf ontwerp deur Creative Partner

×