Wanneer die son in die weste se boesem in sink
en skemer vir donker duisternis wink
Wanneer die swaeltjies die lig in hul neste wegknoop
dan breek my hart weer die vroegnag oop
Is ek al een wat nog hier asemhaal
op die droewige roep van `n ou tarentaal
In Grys-grou vere, gespikkel met wit
soos die sterre wat wink in die hemeruim sit
Dis dan wat ek mymer oor jou lyf in middernag
daar waar onthou in die skewe skaduwees wag
Want die son het treurend in die abyss verdwyn
maar weet het saam met die aandster verskyn
Weet dat die nag nie donker sal wees nie
weet dat die maan ons pad sal verlig
Weet dat die oggend nie lank sal draal nie
weet dat ons oe die dagbreek sal sig
Beminde van my wat in die agter-nag bly
daar waar die skimme en geeste gedy
Gooi die aandgrou se skadus van jou kaalste lyf af
en kom dans saam met my in die volmaan se lag
